
Photo: Gaby Jacobs

Photo: Anja Joubert


Photo: Gaby Jacobs
Meer oor ons skool
Worcester Gimnasium bied ’n wye verskeidenheid vakke aan, en ’n leerder wat by ons sy skoolloopbaan voltooi, is dadelik gereed om, afhangende van sy voorkeur, die werksmag te betree of aan ’n kollege of universiteit te studeer.
​
Worcester Gimnasium het vele fasette en ons streef áltyd uitnemendheid na — in die klaskamer, op die skoolgrond en by sport- en kultuurgeleenthede! Te danke aan toegewyde onderwysers kan ons leerders daagliks aan hul drome bou om te verseker dat elkeen sy volle potensiaal bereik.
​
By Worcester Gimnasium heers daar ongelooflike skoolgees en wanneer Gimmies uit volle bors School in Union sing, sal ’n ieder en ’n elk hoendervleis kry!
​
Of jy nou selfversekerd, skaam, flambojant, vreemd, ’n genie, sportster of ’n kultuurdier is, ons het ’n plek vir jou!
Ons missie:
​
Om met ’n strewe na uitnemendheid op alle terreine, as waardegedrewe opvoedingsinstansie met Afrikaans en Engels as opvoedingstale, ons leerders op te voed tot gedissiplineerde, verantwoordelike, selfstandige, eties-ingeligte en krities-denkende landsburgers, wat hul regmatige plek binne ’n multikulturele samelewing met vertroue kan inneem.
​
​
By Worcester Gimnasium doen ons nóú al wat ons eendag van ander gaan onderskei. Ons droom groot, werk hard en druk deur, binne én buite die klaskamer.
Skoollied
​
Tussen berge in ’n lowerkom
van water, vrug en edel wyn
is ons geborge in geloof
kultuur en Alma Mater
​
​
With diligence and humility
we serve our community
and in God are proud
of our heritage and school:
Worcester Gymnasium
Deur spel en werk leef ons tesaam
die leuse Diligentia
en dra met trots die simbole van
ons skool se hele wese
​
​
With diligence and humilty
we serve our community
and in God are proud
of our heritage and school:
Worcester Gymnasium
Skool- en koshuisgeld 2020
​
Per jaar Per kwartaal Per maand
Skoolgeld R26 400 R2 400
Koshuisgeld R34 000 R8 500 R2 834
​
Skoolgeld sluit ’n Ontwikkelingsfonds van R1 210 in.
Betalingsplan:
-
Die volle skoolgeld is vooruitbetaalbaar op die eerste dag van die skooljaar
-
Ouers kan skriftelik aansoek doen om skoolgeld in 11 maandelikse paaiemente te betaal.
(Desember/Januarie — November).
Paaiemente is op die eerste dag van elke
maand betaalbaar.
-
Alle nuwe aansoekers moet, sodra die leerder toegelaat is, die eerste paaiement van die skoolgeld betaal.
-
Betaling voor die einde van Desember 2021 ontvang ​10% afslag (ontwikkelingsfonds uitgesluit).
-
Betaling voor die einde van Januarie 2022 ontvang 5%-afslag (ontwikkelingsfonds uitgesluit)
​
Bankbesonderhede:
Worcester Gimnasium
ABSA Worcester
Rekeningnommer: 440 153 747
Takkode: 632 005
Verwysing:
Debiteurnaam EN die leerder se van
​
Skoolklere
-
Blou hemp
(winter: lang moue, somer: kort moue)
-
Grys broek (seuns en meisies)
of donker blou rompie (meisies)
-
Donkerblou kleurbaadjie en skooldas in die winter verpligtend.
-
Slegs die amptelike skoolserp mag in die winter gedra word.
-
LO-klere:
Donkerblou LO-kortbroek met wapen of
skoolsweetpakbroek
LO-hemp of skoolsweetpakbaadjie
Blou sokkies (meisies); wit sokkies (seuns)
Oefentekkies.
-
Slegs blou of swart skooltasse word toegelaat.