top of page

Die BOSVARK-UNIE is gevestig om as platform vir Worcester Gimnasium se alumni en vyf voorloperskole te dien. Dis ook die perfekte plek vir mense wat positief en entoesiasties oor die skool (Pro-Bosvarkgroep) is om bymekaar te kom en op hoogte te bly oor die ontwikkeling van die skool.

 

Daar is twee opsies vir jou om betrokke en ingelig te bly oor die skool. Alle alumni is outomaties geregistreer op MEMBERZONE (ander mense kan hul eie profiele skep). Dié platform kan ingespan word om op hoogte te bly van skoolaktiwiteite en nuus oor ou klasmaats te deel. Hierdie aanlyn databasis stel ’n mens ook daartoe in staat om jou dienste te adverteer, kontak te maak met professionele persone en gedagtes te deel.

Bosvark Union.jpg

Naas MEMBERZONE het lede ook die opsie om lid te word van die BOSVARK-UNIE teen R240 per jaar. Unielede het spesiale voorregte soos BBP-toegang tot sportdae, afslag op ondersteuningsklere, spesiale geleenthede en nog baie meer! Unielede word aangemoedig om MEMBERZONE te gebruik aangesien dít die primêre kommunikasieplatform is.

​

Deur MEMBERZONE en ander platforms soos Facebook sorg dat ons almal ingelig bly oor die lewe in Bosvarkland en ons hoop dat jý ook betrokke sal raak sodat ons Worcester Gimnasium na nuwe hoogtes kan neem.


Word lid van die Bosvark-unie:
​
Dis lekker maklik om ’n lid van die Bosvark-unie te word! Jy kan ’n inskrywingsvorm (Afrikaans of Engels) aflaai invul en na bosvarkunion@worcgim.co.za e-pos.
​
Let asseblief daarop dat die alumni se details, sover moontlik, reeds bygevoeg is. Wanneer jy toegang tot MEMBERZONE verkry en vir die eerste keer inteken, sal jy gevra word om ’n nuwe wagwoord in te sleutel. Van daar af sal jy alle afdelings van MEMBERZONE kan benut.

​Pro-Bosvarklede wat nie alumni van enige van die ses skole is nie, sal ’n nuwe profiel moet skep, maar dis gelukkig ook ’n baie eenvoudige proses.

 

 (023) 347 0426
  • Facebook - Grey Circle
  • Instagram - Grey Circle

© 2018 deur Worcester Gimnasium. Trots geskep deur Daleen Bergenthuin met Wix.com

bottom of page