top of page

Akademie is vir ons belangrik.

Leer in die biologielaboratorium.

Gehalte-musiekonderrig!

Akademie is vir ons belangrik.
1/5
E-Leer

Die opwinding van e-leer het Worcester Gimnasium bereik toe die Onderwysdepartement ons as ’n modelskool gekies het. Nou is tablette, skootrekenaars en Wi-Fi in die klaskamer die middelpunt van ons onderrig.
Wat kan ’n mens in die klaskamer verwag?
-
aanlyn handboeke
-
Google-apps met ekstra notas, sketse en video's
-
dataprojektors
-
dokumentkameras
-
interaktiewe witborde
Vakkeuses
Tegnologie en ons uitstekende geriewe is natuurlik net hulpbronne om die basis van ’n goeie opvoeding te verskaf, en dít is: kennis. Hier is die lang lys vakkeuses wat ons bied:
Graad 8 en 9
1. Afrikaans Huistaal
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
2. English Home Language
English Additional Language
3. Wiskunde
4. Sosiale Wetenskappe
5. Tegnologie
6. Natuurwetenskappe
7. Kuns en Kultuur
8. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
9. Lewensoriëntering
10. Mandaryns

Alle vakke is verpligtend. Jy kan van graad 9 af Afrikaans en Engels Huistaal neem mits jy aan die nodige vereistes voldoen.
Graad 10, 11 en 12
Een vak in Groep 1, 2, 3 en 4
Drie vakke in Groep 5
1. Afrikaans Huistaal
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
2. English Home Language
English First Additional Language
3. Lewensoriëntering
4. Wiskunde
Wiskundige Geletterdheid
5. Rekeningkunde
Besigheidstudies
Inligtingstegnologie
Rekenaartoepassingstegnologie
Dramatiese Kunste*
Ingenieursgrafika en Ontwerp
Geografie
Geskiedenis
Gasvryheidstudies
Lewenswetenskappe
Musiek
Fisiese Wetenskappe
Toerisme
Ontwerp
Visuele Kunste*
*Word buite gewone skoolure geneem.
Laai die 2021 skryfbehoeftes hier af!
bottom of page